Skip to content

Kerklik · NG Kerk

Die NG Kerk toga, volgens jou lengte gepas.

Die klassieke predikantstoga vir die NG Kerk: swart, met twee rye kwaste voor, ’n ritssluiter en wye moue. Gee vir ons jou lengte, dan stuur ons die regte grootte, binne 2–3 werksdae oral in Suid-Afrika.

R4 000

In English: the NG Kerk minister’s toga, sized by your height and delivered anywhere in South Africa in 2–3 working days.

NG Kerk toga in swart, met twee rye kwaste voor
  • Volgens jou lengte gepasEen maat, van kop tot tone. Ons werk die grootte uit.
  • Afgelewer in 2–3 werksdaePer koerier, oral in Suid-Afrika, vir R150.
  • 14 dae om om te ruilOp voorraaditems, sonder moeite.

Grootte

Jou lengte is al wat ons nodig het.

Elke toga word volgens lengte alleen gepas, van grootte 40 tot 54. Meet jouself sonder skoene, regop teen ’n muur, en kies jou lengte wanneer jy bestel.

Volledige groottegids

172cm

Your size46
145 cm200 cm

Vir nuwe predikante

Pas gelegitimeer? Baie geluk!

Of dit vir jou legitimasie, jou bevestiging of jou eerste diens is: bestel aanlyn, dan lewer ons binne 2–3 werksdae by jou af. Of haal dit self af by ons winkel in Bloemfontein of Mbombela.

Bestel jou toga

Vir gemeentes en kerkrade

’n Toga vir julle predikant?

Koop julle ’n toga as geskenk vir ’n nuwe predikant, of vir die gemeente? Stuur vir ons ’n WhatsApp met die lengte, dan help ons graag met die bestelling.

WhatsApp ons

Vrae

Oor die NG Kerk toga

Hoe kies ek die regte grootte?

Jou lengte is al wat ons nodig het. Kies dit wanneer jy bestel, dan werk ons die grootte uit, van 40 tot 54. Meet sonder skoene, regop teen ’n muur.

Waarvan is die toga gemaak?

100% poliëster: sterk en maklik om te versorg. Die toga is swart, met twee rye kwaste voor, ’n ritssluiter en wye moue.

Hoe lank neem aflewering?

2–3 werksdae per koerier, oral in Suid-Afrika, vir R150. Of haal dit gratis af by ons winkel in Bloemfontein of Mbombela.

Kan ek omruil as die grootte nie reg is nie?

Ja. Voorraaditems kan binne 14 dae omgeruil word, ongedra en met die etikette nog aan. Sien ons terugsendbeleid.

Hoe betaal ek?

Met jou kaart of Instant EFT op PayFast se veilige betaalblad. Ons sien nooit jou kaartbesonderhede nie. Jy kan ook jou bestelling vir ons op WhatsApp stuur.

Bestel julle vir ’n gemeente of kerkraad?

Ja. Stuur vir ons ’n WhatsApp met die name en lengtes, dan help ons graag met die hele bestelling.

Nog ’n vraag? Stuur vir ons ’n WhatsApp of bel +27 62 438 2564. Sien ook ons terugsendbeleid.